Inligting

 

Ek nooi u kind graag uit na my drama speel klasse wat aangebied word by verskeie skole en voorskole (vir volledige lys e-pos 'n navraag aan my).

Die prys van klasse by die skole en voorskole wissel tussen R135 en R200 per maand (2017) afhangende van die spesifieke skool. Spesiale afslag geld wanneer ons 'n hele skool se kinders afrig. In so geval word die afrigting en samestelling van die skool se jaarlikse konsert as deel van die paket deur ons onderneem. Vir 'n kwotasie in die verband met heel skool deelname, kontak Elizma. Ateljee onderrig vir (Graad 1 tot 7), wissel tussen R250 tot R400 afhangende van die hoeveelheid Kunswedstryditems waaraan die kind deelneem.

Geen ekstra toerusting is nodig nie en die kind kom en geniet die klas net soos hy geklee is. Die klas inhouds-materiaal word in Afrikaans aangebied, maar gedurende die loop van die klasse word Engels ook van tyd tot tyd gebruik ten einde die kind se totale spraak bevoegheid te verbeter.

Ek fokus op die totale ontwikkeling van die kind en die uiteinde van die klasse is 'n kind met 'n verbeterde selfbeeld, beter spraak patrone, 'n groter kreatiewe denkproses en selfvertoue om eie doelwitte na te streef. Die klasse verbeter ook Engelse spraak. Die klasse is ook baie terapeuties vir kinders met 'n spraakprobleem - hetsy emosioneel of fisiologies. Kinders leer self aanvaarding en respek vir mekaar en leer om mekaar te vertrou.

Die drama speel klasse word juis so genoem omdat dit die kind op 'n pret manier betrek by die spesifieke dissipline of kunsvorm. Die kind leer dus op 'n pret manier sonder dat enige druk uitgeoefen word. Die eindresultaat is 'n kind met verbeterde spraak patrone, wat graag met sy ouers wil deel wat hy of sy gedurende die dag se klasse geleer het.

Die klasse behandel die hele drama dissipline en sluit die volgende in:

  •  Korrekte asemhaling
  •  Beweging
  •  Mimiek
  •  Voordrag
  •  Storie vertelling (die prosa op die kind se vlak)
  •  Sang (neigend na kabaret)
  •  Denkbeeldige rol spel
  •  Die musikale blyspel
  •  Poppekas teater
  •  Kunswedstryd inskrywing en afrigting

Ek hoop om u kind daar te sien.

Elizma

Jou kind is 'n , Drama Speel klasse is Pret!