"Drama  Queen"  

 

Elizma Grobbelaar het so tussen die spreekwoordelike "Curtain Calls" grootgeraak en het al van kindsbeen drama klasse by wyle Babs Lyker se Akademie vir Drama Kuns (ADK) geneem en daarna onder leiding van Tilla Diedericks klasse geneem tot en met Graad 12.

Daarna het Elizma haar BA graad in Spraak en Drama in 1994 verwerf aan die Universiteit Stellenbosch. Vanaf 1995 het sy deeltyd spraak en Drama klasse in Kaapstad aangebied en verdere studies het gevolg.

In 2002 verhuis sy en haar man na Gauteng en besluit sy om voltyds Drama en spraak klasse aan te bied. Dit is in die tyd dat die Drama-Play Classes konsep gebore is, en in 2004 het sy die program amptelik geloots. In 2003 behaal sy haar LRM bestuur van Unisa se sentrum vir besigheids bestuur en in 2005 behaal sy haar HRM bestuur van Unisa se sentrum vir Besigheids bestuur, albei Cum Laude. Elizma het ook 'n ateljee waar sy drama onderrig gee vir kinders vanaf graad 1 tot en met graad 12. In 2009 was die ateljee die algemene wenner in die laerskool groepe afdeling. In 2010 Franchise Drama-Play Classes. Danksy die Here se genade, het Drama-Play Classes in die afgelope dertien jaar astronomies gegroei.

Elizma is getroud met Anton en ma van Megan 19 jaar , Daniel 12 jaar en Matthew 8 jaar.

Elizma Grobbelaar